Die SCHUTTE-Webblad

SCHUTTE-wapen

Die Schutte's van Suid-Afrika

Aangebied deur: Tian Schutte (navorser) en Jan Schutte (webmeester)


Indeks


Terug na die
Schutte Tuisblad


Die SCHUTTE-Familiebond


Die SCHUTTE-boek


SCHUTTE Familiebondswapen


Die 1ste SCHUTTE-Stamvader
Andreas Schütte

Die 2de SCHUTTE-Stamvader
Christiaan Ernst Schütte


Die 3de SCHUTTE-Stamvader
Evert Schütte

Die 4de SCHUTTE-Stamvader
Herman(n) Schütte

Die 5de SCHUTTE-Stamvader
Karl Heinrich Schütte

Die 6de SCHUTTE-Stamvader
Johann Christiaan Schütte


Fotoblad:
Prominente Schutte's

Schutte en variante:
Ou Familiewapens


Skakels:
Nederland: Gerrit Jan Schutte se afstammelinge

Ander Genealogiese Skakels

Die 2de SCHUTTE-Stamvader in Suid-Afrika
Christiaan Ernst Schutte

C.E. Schutte-Nageslag:
Indeks volgens 1ste doopnaam
A B C D - E F - H
I - J K - M N - P Q - S T - Z
Schütte, met 'n umlaut
Aangetroude vanne: Alfabeties
A - B C - D E - I
J - L M - O P - R
S - U V W - Z

Indien jou naam nie in hierdie indekse verskyn nie, skakel asb. met dr. Tian Schutte by tian@avima.co.za sodat die inligting bygevoeg kan word.

Christiaan Ernst SCHUTTE is gebore op 4 Oktober 1693 in Schleswig, Duitsland, en ongeveer 1766 in Suid-Afrika oorlede (De Villiers Pama p 864 & Pama p 296). Christiaan Ernst, van Sleeswyk in Noord-Duitsland, tree in diens van die VOC as professionele soldaat.

Suidelike aansig van die dorpie Schleswig in 1584 waar die voorouers van Christiaan Ernst Schütte gewoon het - klik op prentjie om 'n vergroting te sien.
Suidelike aansig van die dorpie Schleswig
Sy Ouers en Grootouers:

Sy ouers was Ernst Gregorius SCHUTTE en Anna Magdalena BURMEISTER. Ernst Gregorius SCHUTTE is oorlede in 1722 in Schuby en begrawe in Schleswig-St. Michaels, Duitsland. Hy was 'n berede natuurbewaarder en boswagter van beroep. He was getroud met Anna Magdalena BURMEISTER op 16 November 1686 in Evangelie-Lutherse Kerk, St. Michaelis, Schleswig, Duitsland. Anna Magdalena BURMEISTER is op 3 Oktober 1699 oorlede.

Christiaan Ernst SCHUTTE het ook ‘n ouer broer, Hans Andreas, gehad, wie gedoop is op 7 Oktober 1691 in Schleswig, St. Michaelis, Duitsland.

Christiaan Ernst SCHUTTE se oupa en ouma aan moederskant was Hans en Gertrud BURMEISTER, wat op onderskeidelik op 25 Maart 1677 en 6 April 1704 oorlede is, albei in Schleswig, Duitsland.

Handtekeninge van Christiaan Ernst Schütte en sy vrou Susanna Fourie soos dit verskyn in sy testament (CJ 2889, 72; KAB)
Handtekeninge van Christiaan Ernst Schütte en sy vrou
Meer oor Christiaan Ernst

Uit die argiefstukke van die "Dutch Asiatic Shipping" en in een publikasie van die "Serie Rijks Geschiedkundige Publicat&eumln (RGP deel 166) kon Christiaan Ernst SCHUTTE se naam opgespoor word in die skeepsoldyboek van een van die 18 skepe wat gereeld tussen Nederland, Kaapstad en Batavia (Oos-Indië) gevaar het nl. "Oudenaarde". Die "Oudenaarde" wat in 1708 in Amsterdam gebou was se nooiensvaart was op 27 Oktober 1709 toe hy vanaf Texel, Nederland na Kaapstad gevaar waar hy op 7 April 1710 gearriveer het. Die kaptein tydens die vaart was Christian Emmery. Die skip is in 1734 aan 'n Engelse maatskappy in Indonisië verkoop waar diégebruik is tot 5 Februarie 1787 en toe afgetakel is.

Die oorspronklike Evangelie-Lutherse kerkie in Schleswig, Duitsland (wat in 1643 gebou is) waar Christiaan Ernst Schütte in 4 Oktober 1694 gedoop is. Die kerkie is gesloop en die huidige adres van die perseel is: Norderdomstrasse 6, 24837 Schleswig, Duitsland.
Schleswig-kerkie 1643
Volgens die skeepsoldyboek word Christian Ernst se naam met een "a" gespel en sy van as Schüt aangegee (volgens die Hollandse uitspraak"Sgut"). Hy het aanboord van die skip "Oudenaarde" gegaan op 7 November 1726, te Texel, Nederland. Kaptein Isaak Hage was aan die stuur van die 858 ton skip. Aan boord was 133 matrose, 58 soldate (waarvan CE Schutte een was) en 7 arbeiders. Die skip kom op 9 Maart 1727 in die Kaap aan wat 'n mens 'n aanduiding gee van hoe lank sulke vaarte geduur het. Die skip het Kaapstad weer op 28 Maart 1727 verlaat na Batavia (Oos-Indië) waar diéop 22 Junie 1727 aangekom het. Aan boord was 18 matrose, 13 soldate en 3 arbeiders.

CE Schutte was 9 jaar in diens van die VOC en word 'n Vryburger in 1734 en word 'n boukneg op die plaas van sy oom, Andreas Schutte. Later was hy woonagtig op die plaas Rustenburg (deesdae Rustenberg) net noord van Stellenbosch wat hy aan 'n ene Bernhardus van Biljon verkoop (sien testament CJ 2889,72, KAB). Hy ontvang soldy tot in 1766 van die VOC en kan dit moontlik ook die jaar van sy afsterwe wees.

Christiaan Ernst se gesin

CE Schutte is op 6 Desember 1742 op Stellenbosch getroud met Susanna FOURIE, dogter van die FOURIE-stamouers Louis Fourie en Susanna Cordier.

Sover vasgestel kon word, het hulle net een kind gehad, naamlik Christiaan Ernst Schutte, gebore op 12 Desember 1743, gedoop op 17 Desember 1743 en oorlede in Desember 1772. Hy was die heel eerste Schutte wat in Suid-Afrika gebore is. Hy is op 25 September 1763 op Drakenstein met Susanna Minnaar getroud, dogter van die Minnaar-Stamouers van Suid-Afrika. Hulle het drie dogters (Susanna, Johanna Elizabeth en Magaretha Maria Charlotta) en twee seuns (Christiaan Ernst en Philippus Jacobus Wilhelmus) gehad, en uit die seuns se nageslagte het die grootste nageslag gegroei van al die Schutte-stamvaders in Suid-Afrika.