Die SCHUTTE-Webblad

Die Schutte's van Suid-Afrika

Aangebied deur: Tian Schutte (navorser) en Jan Schutte (webmeester)


Indeks


Terug na die
Schutte Tuisblad


Die SCHUTTE-Familiebond


Die SCHUTTE-boek


SCHUTTE Familiebondswapen


Die 1ste SCHUTTE-Stamvader
Andreas Schütte

Die 2de SCHUTTE-Stamvader
Christiaan Ernst Schütte


Die 3de SCHUTTE-Stamvader
Evert Schütte

Die 4de SCHUTTE-Stamvader
Herman(n) Schütte

Die 5de SCHUTTE-Stamvader
Karl Heinrich Schütte

Die 6de SCHUTTE-Stamvader
Johann Christiaan Schütte


Fotoblad:
Prominente Schutte's

Schutte en variante:
Ou Familiewapens


Skakels:
Nederland: Gerrit Jan Schutte se afstammelinge

Ander Genealogiese Skakels

SCHUTTE Familiebondswapen

Familiebondswapens
Onthou dat dit 'n bondswapen is en dat die gekleurde gedeelte in alle persoonlike Schutte-wapens sal voorkom en dat dit wat in die blanko gedeelte bo (dit word vir die aangetroude vroue gelaat vir eienskappe van hulle bonds/familiewapen) en rondom die "strykyster" voorkom, deur individue self voorgestel en bepaal sal word. Daar is sekere wetlike aspekte waaraan voldoen moet word.

SCHUTTE FAMILIEBONDS-WAPEN

DIE LEEU

Twee klimmende leeus stel adellikheid, gesag en vreesloosheid voor om die leeuemoed wat die stamvaders gehad het om die vreemde aan te durf, te weerspie&eumll. Elk van die leeus hou drie pyle vas wat die ses stamvaders wat voor 1860 hier voet aan wal gesit, verteenwoordig. Kleur: Goud (verteenwoordig die onderste baan in die Duitse-landsvlag).

DIE PYL EN BOOG

Aangesien die pyl en boog meer outentieke waarde het, is daarop besluit i.p.v. ‘n kruisboog. Die gespande boog met ‘n pyl wat na bo wys, dui op paraatheid. Kleur: Goud (verteenwoordig die onderste baan in die Duitse-landsvlag).

AGTERGROND

Kleur: Rooi (verteenwoordig die middelste baan in die Duitse-landsvlag)

SLAGSPREUK

Afrikaans: MIK HOOG
Latyn: ALTO PETERE

In die eerste 8 eeue n.C. het die Europi&eumlrs slegs ‘n enkele naam gehad. Teen die negende eeu is vanne bygevoeg om hulle van mekaar te onderskei. Aanvanklik was dit net die adellikes wat byname of vanne gehad het tot in die vyftiende eeu dat gewone mense in die suidwestelike deel van Europa begin het om vanne aan te neem. Later het diégebruik na Noord-Europa versprei. Dit wil dus voorkom of die kanse gering is dat ‘n mens jou familie-geskiedenis en stamboom verder terug as die 15de eeu sal kan navors. Dit is veral moeilik om die boerestand in Noord-Europa verder terug as die 17de eeu na te vors (Du Preez, 1978).

Verskillende spellings van die van bestaan, naamlik Scut, Scutt, Scutte, Schütt, Schütte, Schulte, Schütze en Schütz. Die etimologiese oorsprong van die middel-hoë-Duitse woord "Schutte", kan ‘n variant van die Duitse woord "Schutze" wees waarvan die oorsprong dui soos iemand wat met ‘n pyl en boog skiet.

Daar kon volgens die gesaghebbende heraldieseboek van Rietsap wat uit 112 000 familiewapens bestaan, nie een enkele wapen opgespoor word wat aan enige van die stamvaders behoort het nie. Volgens wet kan ons ook nie op enige van die wapens aanspraak maak sonder die nodige dokumentasie nie. Daarom is besluit om die Departement van Heraldiek te nader met die ontwerp van ‘n eie familiebonds wapen. Om idees te kry vir die ontwerp, het ons Rietsap se bestaande wapens bestudeer asook die Schleswig-Holstein streek waar al die Schutte-stamvaders oorspronklik vandaan kom, se staatsskild ontwerp en geskiedenis na te vors vir idees.

DIE GESKIEDENIS VAN DIE STAATSSKILD VAN SCHLESWIG-HOLSTEIN

Die staatsskild van Schleswig-Holstein verteenwoordig die hertogdomme van Schleswig en Holstein. Die linkerkantste gedeelte van die skild het twee blou leeus met rooi kloue en tonge op ‘n goue agtergrond wat na die middel van die skild strek. Die leeus is sedert die middeleeue (1245) op Schleswig se skild, omdat Schleswig eens op ‘n tyd onder Deense bewind was, maar het destyds na die ander kant toe gekyk soos diévan die drie leeus op die Deense koningshuis se skild. Dit was gedoen om hul onderdanigheid aan die Deense koningshuis te betoon, maar die Schleswig skild had een leeu minder in getal.

Die linkerkantste gedeelte van die skild verteenwoordig ‘n silwer brandnetelblaar op ‘n rooi agtergrond wat oorspronklik sedert die begin van die 11de eeu van die Hertog van Schauenburg, Holstein ontleen is. Die duidelike grens tussen die twee gedeeltes demonstreer die eertydse geskiedenis, want die Deense koningshuis het eens ‘n gedeelte van Holstein ook opge&eumlis.

In 1866, na die Pruisiese oorlog teen Denemarke, het die Pruise Schlewsig-Holstein geannekseer en is die twee gedeeltes op die Schlewig-Holstein staatsskild behou. Al verandering wat aangebring is, is die rigting waarin die twee leeus kyk – beide kyk na die middel om Schleswig se alliansie met Holstein te illustreer. Om ons alliansie met Schleswig-Holstein uit te beeld, is daar besluit om van diétwee leeus in die ontwerp te gebruik. Die kleure wat gebruik word, is verteenwoordigend van die Duitse vlag om ons land van herkoms aan te dui.