Die SCHUTTE-Webblad

voorgestelde SCHUTTE-wapen

Die Schutte's van Suid-Afrika

Aangebied deur: Tian Schutte (navorser) en Jan Schutte (webmeester)


Indeks


Terug na die
Schutte Tuisblad


Die SCHUTTE-Familiebond


Die SCHUTTE-boek


SCHUTTE Familiebondswapen


Die 1ste SCHUTTE-Stamvader
Andreas Schütte

Die 2de SCHUTTE-Stamvader
Christiaan Ernst Schütte


Die 3de SCHUTTE-Stamvader
Evert Schütte

Die 4de SCHUTTE-Stamvader
Herman(n) Schütte

Die 5de SCHUTTE-Stamvader
Karl Heinrich Schütte

Die 6de SCHUTTE-Stamvader
Johann Christiaan Schütte


Fotoblad:
Prominente Schutte's

Schutte en variante:
Ou Familiewapens


Skakels:
Nederland: Gerrit Jan Schutte se afstammelinge

Ander Genealogiese Skakels

Die 6de SCHUTTE-Stamvader in Suid-Afrika
Johan Christiaan Schütte

Johann Christiaan SCHÜTTE is gebore op 29 Augustus 1821 in Hansen, Gerdau, Duitsland, en oorlede op 27 Mei 1883 in sy plaashuis, distrik Utrecht (Sk 1301/1883).

Hy kom op 15 Januarie 1854 in die Kaap aan van Hansen-Uelzen in Hannover, Duitsland. Hy was een van 8 koloniste wat saam met 6 sendelinge van die Hermanburgse sendinggenootskap deur eerw. Ludwig Harms na Suid Afrika gestuur is met die boot Kandaze. Ludwig Harms was 'n invloedryke persoon wat uit eie inisiatief die Kandaze laat bou het met donasies van gemeentelede.

Die skeepsbouer, Renck van Hamburg, is genader om 'n brik van 212 ton vir 8 100 Thaler (DM 24300) te bou. Hulle kom ooreen dat dit 'n "kopervaste" skip (waar koperboute vir die staalplate gebruik word) sou wees, maar weens 'n misverstand kry harms 'n "koperbeslaande" skip (waar die hele onderwater romp met koperplate beslaan word). Dit laat die koste geweldig styg, maar met tipiese Duitse presiesheid, vermeld Renck dat die totale boukostes 15 189 Thaler en 03 Pfenning was! Maar die donasies was voldoende en die skeepsbouer is kontant betaal. Die boot het die naam Kandaze wat vernoem is na die bekende koning van Mohrenland in Ethiopië, wie se hofdienaar deur Filippus gedoop is nadat hy na Jerusalem gegaan het om te aanbid, en toe die Evangelie na Ethiopië gebring het.

‘n Vriend uit Ritzebüttel het 'n borsbeeld van die koningin uit hout gekerf wat op die boegspriet aangebring is. Op 27 September 1853 is die Kandaze te midde van groot belangstelling in Harburg te water gelaat. Heel gepas het Harms oor Mattheus 8 : 23 - 27 gepreek en daarop gewys dat die Here "wind en weer beheer". Die skip is na Hamburg geneem en een maand en 'n dag later, op Vrydag 28 Oktober 1853, het dit op sy eerste reis vertrek met kaptein Fischer aan die stuur.

Die groepie het Afrika vir die eerste keer op 15 Januarie 1854 gewaar en op 21 Januarie 1854 te midde van 'n geweldige storm in Kaapstad geland. Hulle vertrek later en bereik Port Natal op 9 Maart. Hulle word met groot vreugde deur sendeling Posselt ontmoet van die Berlynse Sendinggenootskap wat hom 6 jaar tevore in die land gevestig het en die nedersetting Neu-Deutschland gestig het.

Johann Christian vestig hom saam met die Duitse sendelinge te Lüneburg en trou met Marie Sophie Henriette Niebuhr wat van Klein Oesingen in Hannover, Duitsland afkomstig is. Hy is oorlede aan longontsteking wat hy opgedoen het terwyl hy stene gemaak het tydens die bou van huidige Lüneberg kerkgebou.

Hy is op 9 April 1858 in Hermannsburg met Marie Sophie Henriette NIEBUHR (17/12/1837 - 29/1/1928) getroud. Sy was die dogter van Johan Carsten Niebuhr en Katharina Dorothee Müller. Johann en Marie het 8 kinders gehad, vyf dogters en drie seuns. Die kinders was, in volgorde van oudste tot jongste: Dorothea Marie, Elizabeth Marie Louise, Christiaan Hermann Heinrich, Sophie, Sophie Marie Dorothee, Friederich Christoph Heinrich, Johanne Katharina Magarete en Heinrich August Bernhard.

Hierdie SCHÜTTE-lyn is die tweede grootste van al die Schutte-families in Suid-Afrika.