Die SCHUTTE-Webblad

voorgestelde SCHUTTE-wapen

Die Schutte's van Suid-Afrika

Aangebied deur: Tian Schutte (navorser) en Jan Schutte (webmeester)


Indeks


Terug na die
Schutte Tuisblad


Die SCHUTTE-Familiebond


Die SCHUTTE-boek


SCHUTTE Familiebondswapen


Die 1ste SCHUTTE-Stamvader
Andreas Schütte

Die 2de SCHUTTE-Stamvader
Christiaan Ernst Schütte


Die 3de SCHUTTE-Stamvader
Evert Schütte

Die 4de SCHUTTE-Stamvader
Herman(n) Schütte

Die 5de SCHUTTE-Stamvader
Karl Heinrich Schütte

Die 6de SCHUTTE-Stamvader
Johann Christiaan Schütte


Fotoblad:
Prominente Schutte's

Schutte en variante:
Ou Familiewapens


Skakels:
Nederland: Gerrit Jan Schutte se afstammelinge

Ander Genealogiese Skakels

Die SCHUTTE-Familiebond

Hier is die Grondwet van die SCHUTTE-Familiebond.

Belangstellendes kan gerus van hulle laat hoor: Kontak dr. Tian Schutte per e-pos.

GRONDWET VAN DIE SCHÜTTE/ SCHUTTE FAMILIEBOND
IN DIE REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA

STAMVADERS:

NADEMAAL Christiaan Ernst Schütte, gebore in 1693 te Schleswig in Duitsland, wat as soldaat op 9 Maart 1727 in Kaap die Goeie Hoop gearriveer het op die boot "Oudenaarde" en in 1734 besluit het op die Kaap die Goeie Hoop sy permanente en enigste vaderland te maak;

en

NADEMAAL genoemde Christiaan Ernst Schütte aan die Kaap die Goeie Hoop in die huwelik getree het met Susanna Fourie en daardeur die stamvader van vele nasate met die van SCHUTTE/Schütte in die Republiek van Suid Afrika geword het;

Asook

NADEMAAL Johann Christian Schütte, gebore op 29 Augustus 1821 te Hansen, Gerdou Duitsland wat as ambagsman op 9 Maart 1854 in Natal gearriveer het op die boot "Kandaze" in 1858 besluit het om Suid Afrika sy permanente en enigste vaderland te maak;

En

NADEMAAL genoemde Johan Christiaan Schutte in Hermannsburg, Natal, Suid Afrika in die huwelik getree het met Marie Sophie Henriette Niebuhr en daardeur die stamvader van vee nasate met die van SCHUTTE is;

NOU DERHALWE het die afstammelinge van gemelde CHRISTIAAN ERNST Schütte en JOHANN CHRISTIAN Schütte besluit het om 'n bond van die Schütte/SCHUTTE-familie te stig en 'n grondwet van die Bond met die hiernavolgende bepalings te aanvaar:

  1. TOEPASSING
    Hierdie grondwet is van toepassing slegs op persone wat lede van die Bond van die SCHUTTE\Schütte-familie is.

  2. NAAM
    Die naam van die Bond is die Schütte/ SCHUTTE-FAMILIEBOND en word hierna die Bond genoem.

  3. DIE REGSAARD VAN DIE BOND
    Die Bond is met regspersoonlikheid beklee en kan in sy eie naam as eiser of verweerder in regte optree en al die handelinge verrig wat nodig is vir die bereiking van sy doelstellings.

  4. DOELSTELLINGS
    4.1   Doelstellings van die Bond
      4.1.1   Die bevordering van die samehorigheid en belange van die familie Schütte/ SCHUTTE;
      4.1.2   Die bevordering van trots, eer en respek in die Schütte/SCHUTTE-familienaam en derhalwe die verstewiging en instandhouding van sosiale en kulturele bande onder lede van die Bond om sodoende kontak met nasate te hou en te bevorder.
      4.1.3 'n Paslike stamgetroue embleem, vlag, se&eumll en ander heraldiese simbole van die Bond te ontwerp, amptelik te laat registreer en beskikbaar te stel;
      4.1.4 Argiefmateriaal met betrekking tot die Schütte/ SCHUTTE-familie te versamel, te bewaar en na te vors en aan te vul;
       4.1.5   Byeenkomste te re&eumll en deur nuusbriewe of ander middele lede van die Bond in kontak met mekaar te bring en te hou;
      4.1.6   Die stigting en instandhouding van 'n beursfonds vir die opvoeding, opleiding en tersi&eacutere studiebehoeftes van kinders van lede van die Bond;
      4.1.7   Deur enige positiewe optrede, bydrae of maniere, van welke aard ookal, sal poog om die doelstellings van hierdie Grondwet te verwesenlik.

  5. LIDMAATSKAP
    5.1 Die volgende persone is geregtig om, teen betaling van die ledegeld soos bepaal in klousule 7.1, lede van die Bond te word:
      5.1.1   Persone met die van Schütte/ SCHUTTE; en
      5.1.2   Persone wat 'n bloedverwantskap met persone met die van Schütte/ SCHUTTE het.
    5.2   Persone genoem in klousule 5.1 moet die Voorsitter skriftelik in kennis stel van sy of haar voorneme om lid te word van die Bond met dien verstande egter dat, indien die Voorsitter twyfel oor die toelaatbaarheid van 'n bepaalde persoon, sal die betrokke aansoek na die Bestuur verwys word vir uitsluitsel.
    5.3   'n Lid kan lidmaatskap van die Bond be&eumlindig deur die Voorsitter skriftelik daarvan in kennis te stel.
    5.4   Die bestuur van die Bond is geregtig om op goeie gronde aansoeke vir lidmaatskap van die Bond te weier of lidmaatskap van die Bond te be&eumlindig met 'n pro-rata terugbetaling van reeds betaalde ledegeld.

  6. BESTUUR VAN DIE BOND
    6.1   Die Bond kan 'n bestuur saamstel by 'n vergadering van lede of per brief aan die sameroeper van die Bond.
    6.2   Die bestuur van die Bond, indien saamgestel, sal bestaan uit:
      6.2.1   'n Voorsitter, wie se termyn vyf jaar sal wees, waarna hy/sy vervang kan word met dien verstande dat die uitgaande voorsitter vir verdere termyne verkies kan word; en
      6.2.2   Soveel ander lede as wat die Bond van tyd tot tyd mag besluit.
    6.3   Die bestuur sal, benewens die normale funksies wat 'n bondsbestuur volgens die gemenereg verrig, ook sodanige funksies uitvoer wat noodsaaklik is vir die verwesenliking van die doelstellings wat in Klousule 4 van hierdie Grondwet gestel word.
    6.4   Die bestuur sal geen wesenlike besluit neem sonder:
      6.4.1   Om soveel lede as moontlik van die Bond vooraf te raadpleeg; en
      6.4.2   Substansi&eumlle steun van daardie lede van die Bond wat voor 'n gegewe datum regeer op 'n skriftelike kennisgewing van so 'n voorgenome besluit.

  7. LEDEGELD EN FINANSIES
    7.1   'n Minimale jaarlikse ledegeld soos jaarliks deur die Bondsbestuur bepaal is vanaf ouderdom 18 jaar betaalbaar.
    7.2   Die Bond mag skenkings van lede, ander persone en instansies ontvang met dien verstande dat, in die afwesigheid van enige skenkingsvoorwaardes in die verband, sodanige skenkings van enige skenkingsvoorwaardes in die verband, sodanige skenkings in 'n trustrekening inbetaal sal word en ooreenkomstig hierdie Grondwet beheer sal word.
    7.3   Die voorsitter sal 'n bankrekening vir die Bond by 'n erkende bank of ander erkende finansi&eumlle instelling open en alle gelde of bates wat die Bond ontvang op genoemde rekening inbetaal.
    7.4   Volledige rekord sal van alle gelde en bates van die Bond gehou word.
    7.5   Enige lid van die Bond of ander belanghebbende persoon (na bewys van 'n geregverdigde belang) is geregtig om te enige tyd insae te héin die boeke en ander state van die Bond en navrae oor in- en uitbetalings van gelde of handelinge met ander bates van die Bond te doen.
    7.6   Indien die gelde en bates tot dermate vermeerder dat statut&eacutere vereistes soos aanspreeklike rekenpligtigheid en ouditering van die Bond vereis word, sal die voorsitter verplig wees om aan al sulke vereistes te voldoen tot bevrediging van die Bond se lede.
    7.7   Die voorsitter sal 'n volledige verslag van die finansiele sake van die Bond aan alle lede op 'n jaarlikse basis sirkuleer.
    7.8   Die aanwending van fondse van die Bond sal bestuur word deur die bestuur.
    7.9   By ontbinding van die Bond, op welke wyse ookal, sal die lede van die Bond by meerderheidstem besluit oor wat met die gelde en bates van die Bond sal gebeur.
    7.10   By afsterwe van die langslewende lid van die Bond sal die Bond ontbind word en sal die Meester van die Hooggeregshof van Suid Afrika, by versoek, besluit vir watter beste doeleindes die geld en bates aangewend sal word, met dien verstande dat voorkeur gegee sal word aan genealogie-navorsing deur 'n erkende instansie of persoon.

  8. WYSIGING VAN GRONDWET
    8.1   Hierdie Grondwet mag gewysig word op voorstel van 'n lid van die Bond nadat skriftelike kennisgewing van die voorgestelde wysiging(s) deur die bestuur aan alle lede gestuur is; en
    8.2   'n Meerderheid van die lede wat daarop reageer voor 'n gegewe datum hulle goedkeuring van die voorgestelde wysiging skriftelik aan die bestuur meegedeel het.
    NADEMAAL 'n meerderheid van persone met die van Schütte/ SCHUTTE en persone wat 'n bloedverwantskap het met persone met die van Schütte/ SCHUTTE, en wat voor of op 20 Mei 2002 gereageer het op 'n skriftelike kennisgewing in die verband, hulle goedkeuring, skriftelik of andersins, aan hierdie grondwet verleen het,
    NOU DERHALWE is hierdie grondwet geldig vanaf genoemde datum as die geregistreerde Grondwet van die Bond.