Die SCHUTTE-Webblad

voorgestelde SCHUTTE-wapen

Die Schutte's van Suid-Afrika

Aangebied deur: Tian Schutte (navorser) en Jan Schutte (webmeester)


Indeks


Terug na die
Schutte Tuisblad


Die SCHUTTE-Familiebond


Die SCHUTTE-boek


SCHUTTE Familiebondswapen


Die 1ste SCHUTTE-Stamvader
Andreas Schütte

Die 2de SCHUTTE-Stamvader
Christiaan Ernst Schütte


Die 3de SCHUTTE-Stamvader
Evert Schütte

Die 4de SCHUTTE-Stamvader
Herman(n) Schütte

Die 5de SCHUTTE-Stamvader
Karl Heinrich Schütte

Die 6de SCHUTTE-Stamvader
Johann Christiaan Schütte


Fotoblad:
Prominente Schutte's

Schutte en variante:
Ou Familiewapens


Skakels:
Nederland: Gerrit Jan Schutte se afstammelinge

Ander Genealogiese Skakels

Die 4de SCHUTTE-Stamvader in Suid-Afrika
Herman(n) Schutte

Herman(n) SCHUTTE is gebore op 25 Desember 1761 in Bremen, Duitsland. Hy is op 25 Oktober 1844 in Swellendam oorlede, en begrawe op 27 Oktober 1844 in Grafkelderno's. 70 & 71, Somersetweg, Kaapstad (Sk MOOC 6/9/34, 7571, MOOC 7/1/124, Kaap).

Herman, die 3de Schutte-stamvader in S.A., was 'n boukontrakteur en argitek wat as jong man 7 jaar by 'n argitek in Hanover, Duitsland werksaam was. Hy tree in diens van die VOC met 'n salaris van 14 Gulden per maand. Hy vertrek op 23 November 1789 te Texel, Nederland aanboord van die skip "Governeur-generaal Maatsuyker" onder kapteinskap van Jan Kraai en arriveer op 2 April 1790 te Kaapstad. Aan boord was 278 matrose, 5 Soldate, 15 vakmanne (waarvan Herman een was) en 2 passasiers. Dié1150 ton skip is in 1786 te Amsterdam gebou en in 1795 in Batavia verkoop.

Herman word na Robbeneiland gestuur waar hy as klipkapper in die steengroewe werk. In 'n rotsstorting verloor hy sy linkerhand en linkeroog en vra om ontslaan te word uit die Kompanjie in Februarie 1792. Dit word op 27 Maart 1792 toegestaan.

As bekwame bouer geniet hy die agting van L M Thibault wat as inspekteur van regeringsgeboue hom dikwels by die regering aanbeveel en hom sodoende baie boukontrakte besorg. Reeds in 1803 is hy byvoorbeeld besig met herstelwerk aan die Kasteel. Kort nadat hy in 1804 burgerregte ontvang het, word hy deur die regering in diens geneem om volgens die planne van Thibault, 4 vase vir 4 pilare in die Kompanjiestuin te ontwerp. Drie van die 4 pilare bestaan vandag nog, hoewel daar geen spoor van enige vase daarop is nie.

'n Paar van die bekende geboue wat deur Herman opgerig is is die Vrymesselaarslosie De Goede Hoop wat hy in 1803 voltooi wat gedeeltelik afgebrand het in Februarie 1892, die Groenpunt se vuurtoring wat deur hom ontwerp en in 1823 voltooi word, die St. George-katedraal, deur John Skirrow ontwerp en deur Herman gebou is en die huidige Groote Kerk wat deur Herman en Skirrow ontwerp en deur Herman gebou is. Laasgenoemde kerk is het die plek ingeneem van die ou rietdak-kruiskerk waarvan net die toring bly staan het. Die nuwe kerk wat van 1836 -1841 gebou is, is 'n mengsel van neo-Griekse en neo-Gotiese boustyle. Die groot reghoekige saalkerk se voor- en agterfasades besit enorme frontons oor hul hele breedte, "rustend" op 6 afgeplatte pilasters.

Herman was ook die ontwerper en bouer van die Nieuwe Kerk, Kaapstad wat gesloop is en die Woutersen grafkelder by Groenpunt. Hermann was ook die argitek en bouer van die NG Kerk in George wat in 1828 ontwerp is en in 1842 voltooi is. Diéis op die tradisionele-Kaapse kruisvorm gebou met 'n rietdak en ronde endgewels aan die sy- en agtervleuels. Aan die voorkant hiervan toegevoeg is 'n redelike breë, blokvormige seksie waarvan die effens vooruitstekende middeldeel 'n vervormde tempelfront is, geflankeer deur nisse en bekroon deur 'n sware agthoekige toring, staande op twee trapvormige agthoekige platvorms.

By die bou van verskeie ander geboue is hy betrokke as boumeester en soms as hersteller of ontwerper soos die goewerneurswoning in die Laan, die balkon van die Kat in die Kasteel, die vrye skool vir slawe, die registrasiekantoor vir slawe, die predikantswoning op Simonstad, die doeanekantoor in die Buitekant, die doeanekantoor op Port Alfred aan die Kowie, die regeringsgeboue in die distrik Albany wat hy herstel en die regeringsgebou (hooggeregshofgebou) in Kaapstad. Hy het moontlik ook aan die sierlike Rust en Vreugd in die Buitekant gewerk.

Die Duitse rococo-boustyl wat hy aan die Kaap toepas, kan in baie van Herman se geboue gesien word. Die NG Kerk op George wat vermoedelik volgens sy tekeninge in 1842 gebou is, toon met uitsondering van die rococo-gewels 'n klassieke styl. 'n Foto van sy "Hanoverhuis" in Kaapstad wat nou nie meer bestaan nie, toon 'n sterk neo-klassieke inslag, terwyl die Groote Kerk as 'n Grieks-Gotiese bouwerk beskou kan word. Benewens sy werk as stadsmesselaar wat na 1818 blykbaar die verhoogde status van 'n stadsbouer geniet, word hy in 1820 aangestel as inspekteur van stadsgeboue. In 1843 word hy die stadslandmeter van die pas gestigde Kaapstadse munisipaliteit.

Uit die aard van sy beroep verander hy dikwels van woonhuis. Teen die einde van 1794 woon hy in wyk 23 en in 1798 kon hy dit bekostig om sy eerste eerste huis, Pleinstraat no.28 te koop. In 1806 koop hy 'n huis in Hanoverstraat, 'n straatnaam wat waarskynlik aan hom te danke is). Toe woon hy weer in Roelandstraat no. 7 (1809 - 1829) en daarna tot 1832 op erf no. 9 in dieselfde straat. Vervolgens verhuis hy na 'n huis op "Primrose Hill" wat net agter die Kasteel was. In die jare veertig slyt hy sy laaste dae in die stadhuis (Burgerwaghuis) op die groentemarkplein.

Daar bestaan aanduidings dat Herman en Anton Anreith en Thibault bevriend was. Hulle beroepe bring hulle met mekaar in aanraking. Anreith onderrig Herman se twee seuns voor 1815 privaat in meetkunde terwyl Thibault hulle in landmeetkunde oplei. In 1813 word albei toegelaat om as landmeters te prakseer. Die hoë koste van boumateriaal en veral sy neiging om dikwels teen te lae tenders vir boukontrakte te tender, het tot gevolg gehad dat hy kort voor sy dood insolvent verklaar is. Talle afbeeldings van Herman is in die Elliott- en Morrisonversamelings in die argief in Kaapstad te sien.

Herman is op 3 Julie 1796 met Christina VOGES in die Groote Kerk getroud, dogter van Johan(n) P(i)eter en Petronella Jacoba Thomasse Voges. Christina was ‘n vrygemaakte slavin, en aangenome erfgename van Ferdinand Voges. Hulle het 5 kinders gehad, naamlik die tweeling Herman Frederik en Johan Nicolaas, en Hendrik Andreas, Johan Dani&eumll en Anna Christina..