Die SCHUTTE-Webblad

voorgestelde SCHUTTE-wapen

Die Schutte's van Suid-Afrika

Aangebied deur: Tian Schutte (navorser) en Jan Schutte (webmeester)


Indeks


Terug na die
Schutte Tuisblad


Die SCHUTTE-Familiebond


Die SCHUTTE-boek


SCHUTTE Familiebondswapen


Die 1ste SCHUTTE-Stamvader
Andreas Schütte

Die 2de SCHUTTE-Stamvader
Christiaan Ernst Schütte


Die 3de SCHUTTE-Stamvader
Evert Schütte

Die 4de SCHUTTE-Stamvader
Herman(n) Schütte

Die 5de SCHUTTE-Stamvader
Karl Heinrich Schütte

Die 6de SCHUTTE-Stamvader
Johann Christiaan Schütte


Fotoblad:
Prominente Schutte's

Schutte en variante:
Ou Familiewapens


Skakels:
Nederland: Gerrit Jan Schutte se afstammelinge

Ander Genealogiese Skakels

Die eerste SCHUTTE-stamvader in Suid-Afrika
Andreas Schütte

Andreas Schütte van Schleswig, Noord-Duitsland, kom in 1721 in die Kaap aan. Hy word aangestel as een van vier meester tuiniers in diens van die VOC. Hy neem by Heinrich Oldeman oor en was vir ongeveer 30 jaar die meester tuinier aan die Kaap wat groente aan die skepe moes voorsien.

Op instruksie van die HERE XVII in Maart 1723, het hy ‘n verslag gelewer, gedateer 6 September 1723, aan die Raad van Beleide in die Kaap oor hoe die sandduine aan die kus, 24 meter en hoër, sowel as die omliggende plat sand, plat gehou kon word deur klimplante (grondbedekkers) en struike. Die plante kon, het hy gesê, geplant word met behulp van tweehonderd slawe, verkieslik voor die reënmaande van April tot Junie en voor die suid-oostewinde begin. Die plante wat hy voorgestel het was o.a. suurvy, Hottentotsvy, taaibos (Rhus pyroides), wilde dagga, Hottentot's kersie (Maurocenia capensis), kersiehout, klimplante van die "Compositae" en verskeie inheemse bolgewasse.

Handtekening van Andreas Schütte soos dit in sy testament verskyn het
Handtekening van Andreas Schütte soos dit in sy testament verskyn het
Gedurende Oktober 1724, nadat die tuin te Nieuwland geïnspekteer was, het die Raad hom gevra om te verduidelik waarom daar onvoldoende groente aan die voorsieningskepe in die baai was. Daarna is hy deur die Goewerneur en Raad aangesê om twee keer per week inspeksies te hou by die Kompanjie se tuine te Nieuwland en Rondebosje sodat hy elke Dinsdag oggend ‘n verslag kon voorlê oor toestande daar.

Deur sy huwelik op 13 Mei 1725 met Hester van der Heijde, weduwee van Isaac Scheepers, het hy vier plase gekry wat sy geërf het van haar pa Jacob en haar eerste man. Die plase was, "Laaste Gift", en ‘n gedeelte van "Vergelegen", albei geleë in die Hottentots-Holland, sowel as "Welgemoed", naby die Eersterivier asook "Ganzekraal", wes van Riviersonderend. Andreas Schütte het die Kompanjie se diens verlaat in 1726 en ‘n vryburger geword. Hy was aangestel as Heemraad vir Stellenbosch vir ‘n twee jaar termyn beginnende op 10 Desember 1726. Gedurende 1727 kom sy broerskind, Christiaan Ernst Schütte as soldaat in die Kaap aan. Hy word ‘n Vryburger in 1734 en woon as boukneg op "Rustenburg", een van sy oom se plase.

Gedurende April 1752 het hy sy gedeelte van "Vergelegen" verkoop aan Arnoldus Maasdorp; ‘n maand later het hy "Laaste Gift" aan Daniël Malan gegee en in Maart 1759 sy ander plaas, Welgemoed, aan Jan de Villiers. "Ganzekraal" is op 11 Augustus 1759 (Transportakte nr. 2913) aan Pieter Moleman verkoop. Op 16 Februarie 1759 het hy ‘n erf gekoop in Stellenbosch waar hy en sy vrou toe gebly het.

Hy is oorlede op 2 April 1765 te Stellenbosch en beide hy en sy vrou is uit die kerk te Stellenbosch begrawe. Hy het waarskynlik een seun gehad, maar dit lyk of daar nie sprake van 'n verdere nageslag is nie.