Schutte Fotoblad no.1

Wil jy onder begin? Kliek hier ... Fotoblad 2 Terug na Fotoalbum-indeks
Christa Steyn (Christina Maria Schutte *15 Jun 1958) dogter van dr. Barend Johannes Schutte (*12 Mei 1932) en Maria Magdalena Mulder (*5 Mei 1936)

christa.jpg, 12690 bytes

Sarette Schutte (*21 Okt 1982) was Maties se Joolkoningin van 2003, dogter van Walter Schutte (*14 Okt 1947) en Sarah Ann Fourie (*25 Sep 1948)

sarette.jpg, 13421 bytes

Christiaan Ernst Gerhardus (76 jaar), 'n boer van Potchefstroom, se naam verskyn in die boek, "Book of South-African rekords" deur Eric Rosenthal op bl. 10 as die pa met die meeste kinders, nl. 31!
Hy was oppad Nagmaal toe asook na die doop van sy 31 kind by sy derde vrou (wat 47 jonger as hy was) toe hy per ongeluk van sy perdekar afgeval het en noodlottig beseer is. Sy sterfdatum is as 3 Maart 1876 opgeteken.
ceg.jpg, 6174 bytes
Christiaan Ernst Schutte (24 Jan 1846 - 27 Sep 1916), 4de landdros van Pretoria, wat in sy hoedanigheid Pretoria amptelik aan die Engelse oorhandig het tydens die Anglo-Boereoorlog.
Hy is moontlik in Ohrigstad gebore. Hy was die laaste hooflanddros van Pretoria. In 1894 word hy aangestel as lid van die bestuur van die "Meisjesskool" in Pretoria en in 1899 as die rektor van die Staatsgimnasium. Sy ampstermyn as hooflanddros het van 3 November 1892 gestrek tot om 14:00 op 5 Junie 1901 tydens die ABO toe hy Pretoria amptelik aan die Engelse oorhandig het. Hy word op 21 Oktober 1901 deur die Engelse krygsgevange geneem. Hy was getroud met Marthina Jacoba Viljoen (7 Aug 1854 - 20 Sep 1912).
land1.jpg, 13288 bytes
Jan Harm Thomas Schutte (5 Aug 1812 - 2 Des 1897) en sy tweede vrou, Johanna Magdalena Catharina Pieterse (9 Jun 1842 - 27 Jun 1916). Jan en sy suster, Philippina Martia Charlotta (20 Okt 1803 - 10 Jun 1875), was die enigste twee Schuttes wat aan die slag van Bloedrivier deelgeneem het. (JHTvoortrek.JPG)
jhtvoor1.jpg, 10074 bytes
Antonie (Anton) Michiel Schutte (6 Oktober 1961) is die eerste Schutte wat Antartika besoek het, vanaf November 1990 tot November 1991. Hier verskyn hy saam met sy ouers Huibrecht Maria Elizabeth Nel (24 Februarie 1933) en Johannes Eghardus Schutte (10 November 1913) met sy terugkoms in die Kaapstadse hawe.
antonaug.jpg, 21703 bytes
Dani&eumll Egnatius Schutte (30 Oktober 1854 - 8 Maart 1911) was die adjudant van genl. PJ Joubert tydens die Eerste Anglo-Boereoorlog (1880-1881). Hy word in 1889 aangestel as die Kommissaris van Polisie in Johannesburg. Fort Schutte naby Elim was na hom vernoem. Op die foto spreek D.E. Schutte (op die perd) vertrekkende Burgers na die Natalse front toe op 4 Oktober 1899 op die Johannesburgse stasie.
des1.jpg, 21297 bytes
Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte (29 Nov 1805 - 9 Nov 1873) en sy derde vrou, Magteld Gertruida Anna Maria du Plessis (27 Apr 1827 - 2 Jun 1898). PJW was die eienaar van die bekende plaas Buffeldoorns te Gatsrand in die Potchefstroomse distrik. Hy was 'n volgeling van Andries Pretorius en 'n vriend van Paul Kruger. Hy was ook kommandant van die distrik, mede-ondertekenaar van die Sandrivierse konvensie in 1852 en lid van die Volksraad van 1856 - 1857. Hy beywer hom ook vir die stigting van die Gereformeerde Kerk en ds. Postma hy op sy versoek na Suid-Afrika gekom waar sy eerste preek op 7 November 1885 in PJW se huis gelewer is. Op 11 Februarie 1859 was PJW en sy vrou die eerste lidmate van die Gereformeerde Kerk wat te Rustenburg gestig is. PJW beywer hom ook vir die oprigting van 'n teologiese skool te Burgersdorp. Hy word 3 jaar voor sy afsterwe ernstig deur 'n leeu verwond tydens 'n jagtog waarvan hy nooit volkome herstel het nie.
pjw.jpg, 18453 bytes
Groepfoto van Winburgse burgers met die uitbreek van die ABO in 1899. Agter vlnr is Martiens van Heerden, J.A. Naude (sneuwel later te Abrahamskraal), veldkornet Hendrik Viviers (sneuwel by Paardeberg) en Willem Naude. Voor sit Harry Swart (vader van oud-Staatspresident C.R. Swart) en Roelof Jacobus Schutte (13 Jan 1867 - 31 Mei 1943) wat albei te Koedoesrand op 23 Februarie 1900 deur die Engelse krygsgevange geneem is.
roelof.jpg, 22284 bytes
Danie Schutte, voormalige minister van Binnelandse sake onder FW de Klerk, seun van Dani&eumll Pieter Antonie Schutte *13 Jun 1947; s.v. Johannes Marthinus de Kock Schutte *25 Des 1912 en Jacoba Catharina Viljoen *3 Feb 1914.
dpa.jpg - 11167 Bytes
Paul Jacobus SCHUTTE:
Hy het deelgeneem aan die Eerste Vryheidsoorlog van 1880 en 1881 asook die oorlog teen Sekekoenie en Mapog waar hy die rang van veldkornet bekleë het. Daarna is hy verkies as een van die 3 volksraadslede wat Westelike Transvaal verteenwoordig het. Van die eerste volksraad af tot en met die uitbreek van die ABO het hy as Volksraadslid van die ZAR gedien (1893 - 1900).

Kort voor die uitbreek van die oorlog, het hy sy kiesers in die Losberg omgewing gaan inlig oor die Volksraad se besluit en het na die vergadering voorstelle ingedien om 'n gewapende konflik te vermy. Nogtans word hy later deur Paul Kruger as krygskommissaris aangestel op 8 Maart 1900 te Bloemfontein en dien in dié pos tot en met 18 September 1900.

Hy was getroud met Susara Margaretha OPPERMAN

Paul Jacobus Schutte - LV