|
Die 5de SCHUTTE-Stamvader in Suid-Afrika Karl Heinrich Schutte
Karl Heinrich SCHUTTE was die vyfde Schutte wat in S.A. aangekom het, en die 4de Stamvader. Hy is in 1808 in Hamburg, Duitsland gebore, en het op 7 Junie 1860 in die Groot-Bergrivier verdrink.
Hy is op 22 November 1847 in Piketberg getroud met Elizabeth Petronella KONING. Sy is in 1860 oorlede. Karl Heinrich se boedel is na sy dood as volg beskryf: 1 plaas genaamd Klipheuwel (tussen 300-400 pond werd), 7 sakke koring, 1 ketting, 1 meul, 2 pikke, 1 kis gereedskap, 1 bed, 1 bord, 1 emmer, 6 lepels, 2 messe, 1 balie, 1 blaker, 1 tafel, 1 stoel en 1 geweer (Sk MOOC 6/9/91, 6999 Kaap).
Karl en Elizabeth het vier kinders gehad, naamlik Jacoba Johanna, Johann Frederich, Elsje Maria en Elizabeth Margaretha. |
|